Mario Mainland
Spookhuis
Updated: Dec 20, 2022
Die gekraakte wit teels
van my kamer kruip
na trappe wat lei na bo.
Bo na die stoep waar ek die
waarneem wat my huisie breek en so
kom die klop weer teen my deur.
Die deur kan oop, maar wil nie,
want sy drumpel is lankal
stukkend vertrap.
En nou wandel ek deur die gange en
staar na die muur - deur gelukkige kiekies,
skilderye van geliefdes, en die soet smaak
van oud-herinneringe versier.
Ag, my ou plekkie sal tog weer sy arms
uitstrek na dit wat hy verlang:
n iemand wat die skade kan herstel
en dalk die witste teels met
helder rooi tapyte vervang.
Maar totdat daai more-son sy
verskyning maak, sal my sitkamer
geen besoekers verwag, sal ligte
eensame aande
deur verlate vertrekke sny, en sal my
deure, vensters, slotte, en stoep,
vir diesulkes
geslote bly.
-MM
The English version will be in my new poetry collection, Iridescent