Mario Mainland
So Seker Soos September
Updated: Dec 19, 2022
Die dag draai
en wentel weer verder weg van my
na doodloop strate wat
in sy koudheid rigting klem
wat kon lei na die somerste van dae wat
ek nou veels eerder sou wou ken -
In die winter wat
soos n vreemdeling in my ore sis
van fabel bome wat hul vrugbaarheid
onbewustelik aan die wereld verkwis.
En nou ek die grys op die herfsblaar wat so
al fladderend op die spiraal van die wind gaan rus,
en dan uiteindelik roerloos le;
op die woode wat die hemel, son, en
sommer als rondom hom eintlik oneindigend
aan ons almal se:
**************
Die dae gaan weer
hul bane normaal verleng sodat
lente tog einde winter sing,
en so die ketting breek
en al die seisoene geluk
natuurlik in wenteling bring.
- MM
The English version will be in my Poetry Collection, Iridescent
